Subsidiebetalings aan welsyn wys rasse-vooroordeel: Solidariteit

Die vakbond Solidariteit beskuldig die departement van Maatskaplike Ontwikkeling van rasse-vooroordeel in subsidiebetalings aan welsynsorganisasies. Solidariteit veroordeel die nie-betaling van fondse en eis dringende optrede om die krisis aan te spreek, veral in Gauteng. Die vakbond het verlede week klagtes ontvang van organisasies aan wie subsidies belowe is, maar wat nie betaal is nie. Bianca Smit van Solidariteit waarsku die impak van onbetaalde subsidies strek verder as welsynsorganisasies, en pogings om die samelewing te verbeter, word uiters negatief hierdeur geraak.