Styging in varsityfooie in die buurland in die nuus
Die buurland se minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, sê hy is bewus van vals berigte dat hy van plan is om universiteitsgelde vir dié akademiese jaar te verhoog. Hy sou glo voorgestel het dat Suid-Afrika se 26 universiteite klas- en koshuisgelde met onderskeidelik 4,5-persent en 6,5-persent verhoog. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê die minister speel absoluut géén rol in die bepaling van die fooie van universiteite nie. Sulke besluite berus by universiteitsrade, maar hy gee wel leiding: