Stygende instekoste in landbou wek kommer

Daar is groot kommer oor die stygende insetkoste vir landbouprodusente. Volgens die Namibiese Landbou-unie staan inflasie vir die bedryf op 8,8 persent en kapitale uitgawes en brandstof was die grootste bydraers tot die verhoging van inflasie in die tweede en derde kwartale van jaar. Kapitale uitgawes het met 21,9 persent gestyg en brandstof het met ongeveer 18 persent, op ‘n jaargondslag gemeet. Die koste van medisyne is met 11 persent op terwyl onderhoud en verbeterings 10 persent duurder is. Ureum- en fosfaatpryse het in die laaste jaar gestyg met onderskeidelik 55,21 persent en 43,49 persent en verdere stygings word verwag voor die einde van die jaar.