Stukkende kragopwekker vertraag Gauteng dranklisensie-aansoeke

Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd dat restaurant-, kroeg- en taverne-eienaars wat dranklisensies nodig het, sukkel om hulle aansoeke by die Gautengse Drankraad in te dien. Dit word toegeskryf aan beurtkrag en ʼn stukkende kragopwekker. Patrick Atkinson van die DA sê hulle het uit ʼn betroubare bron verneem daar is 600 agterstallige aansoeke by die Gautengse Drankraad: