Studie toon rampspoedige invloed van hitte

‘n Studie deur die Australian National University dui aan die rekord-hittevlakke wat in 2023 ondervind is, het ‘n aansienlike uitwerking gehad op die globale watersiklus. Dit het gelei tot erge storms, oorstromings, mega-droogtes en bosbrande. Die bevindinge, wat nog bevestig moet word deur mede-navorsers, word uiteengesit in ‘n nuwe verslag wat vrygestel is deur die Global Water Monitor Consortium en gelei is deur navorsers by die universiteit. Stygende see- en lug-temperature, en meer intense moeson-toestande, siklone en ander stormstelsels, word toegeskryf aan fossielbrandstofverbranding. Die hoofskrywer, Albert van Dijk, beklemtoon sommige van die ergste rampe in 2023 is die gevolg van klimaatsverandering.