Studie toon Namibiërs eet te min vis

Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het ‘n vennootskap met die Sam Nujoma Navorsingsentrum vir Mariene en Kushulpbronne by Unam se Sam Nujoma-kampus in Hentiesbaai gesluit om ‘n opname te doen om die per capita visverbruik op beide streeks- en nasionale vlak te bepaal. Die opname se hoof-doelwitte sluit in die bepaling van Namibië se per capita-visverbruik, die evaluering van die waarde van vis wat jaarliks plaaslik verbruik word, die identifisering van verbruikspatrone in elke streek, en die bepaling van die voorkeur-tipe vis. Volgens die uitvoerende hoof van die trust, Victor Pea, staan die huidige visverbruik per capita op 16,59 kilogram per jaar. Dit is ‘n verbetering vanaf 11,4 kilogram in 2018, maar steeds onder die wêreld-gemiddeld van 20,4 kilogram. Pea sê om dié teiken te bereik, behels dit die verbruik van ongeveer 51 000 metrieke ton vis ter waarde van sowat 787 miljoen Namibiese dollar in verskeie dorpe. Dr. Samuel Mafwila, direkteur van die sentrum deel hoe hulle die navorsing gaan doen…