Studie oor dwelmgebruik onder swangervroue geloods

‘n Studie aan die Universiteit van die Wes-Kaap beklemtoon die kritieke behoefte aan deeglike sifting van dwelmgebruik onder swanger vroue. Die navorsing deur Nyanisa Gqwede het gefokus op alkohol, dagga en heroïen by swanger vroue wat van 11 staatsklinieke in Kaapstad gebruik maak. Sy sê die studie verskaf waardevolle insigte oor siftingsmetodes en die implikasies daarvan.