Studie kyk na seuns se akademiese onderprestasie

Die Universiteit van Namibië het ‘n navorsingverslag bekendgestel met die titel “Namibiese seuns se onderprestasie en onderdeelname aan onderwys”. Die twee-jaar studie in al 14 streke in Namibië het die faktore ondersoek wat die merkbare ongelykheid in akademiese prestasie tussen manlike en vroulike leerders en studente beïnvloed. Kenneth Matengu, die universiteit se visekanselier, deel meer.