Studie in Afrikalande toon meer steun aan Oekraïne

‘n Nuwe studie deur die internasionale navorsingsmaatskappy, Ipsos, het onthul 61 persent van Suid-Afrikaners dink Rusland is skuldig aan oorlogsmisdade in Oekraïne. Tog het 45 persent gesê dit maak weens geskiedkundige redes sin dat Suid-Afrika Moskou ondersteun. Ipsos het individue van 18 jaar en ouer in Suid-Afrika, Kenia, Senegal, Nigerië, Uganda en Zambië by die meningspeiling betrek. Mari Harris van die maatskappy sê die meerderheid deelnemers in al die lande het gesê hulle ondersteun eerder Oekraïne as Rusland.