Studente-unie eis dat huurwetsontwerp voltooi word

Die Studente-unie van Namibië het sy ontevredenheid uitgespreek oor vertragings met die inwerkingstelling van die Wetsontwerp op Huurbeheer. Huur is ‘n geruime tyd ‘n uitdaging in die land met die 1977 Huurordinans wat steeds van krag is maar, nie afgewing word nie. Daar is ook geen standaarde of vastegelde tariewe nie. Die nuwe wetsontwerp word sedert 2017 deur die ministerie van stedelike ontwikkeling behartig en is vertraag weens hangende regulasies. Die president van die unie, Benhard Kavau, sê intussen moet Namibiërs voortgaan om die knyp van buitensporige huurtariewe te voel, veral studente wat met geen keuse gelaat word nie. Die lynminister Erastus Uutoni het aan die plaaslike uitsaaier bevestig dat ‘n span kundiges, insluitend prokureurs en stadsbeplanners, aangestel is en steeds besig is om die konsepwetsontwerp te ondersoek en te verfyn.