Studente mor weer oor verkeerde bystandsfonds betalings

Dit blyk dat probleme en die Namibiese studente finansiële bystandsfonds nooit ver van mekaar is nie. Die kwessie van vertraagde of verkeerde terugbetalings kom telkens na vore. Volgens inligting het die Namibia Community Skills Development Foundation-studente in Tsumeb hul terugbetalingsdokumente op 11 Augustus onderteken en is daarna ingelig dat terugbetalings op 31 Augustus sal geskied, wat nie gebeur het nie. Studente is eers op 16 September terugbetaal, maar met slegs die helfte van die bedrag wat op die ondertekende dokumente aangedui is. Daar is geen verduideliking of enige rede hiervoor verskaf nie. ‘n Kantooradministrasie-student by Cosdef, Vivian Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.