Student se appèl oor Nsfas-geld nie suksesvol
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland verwelkom ‘n hooggeregshofbeslissing in Makhanda, in die Oos-Kaap, wat ‘n Walter Sisulu Universiteit-student se appèlaansoek van die hand gewys het. Sy het 800 000 Suid-Afrikaanse rand van die 14 miljoen rand wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente aan haar betaal het, wanbestee. Sibongile Mani is gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, wat opgeskort is hangende geen verdere bedrog of diefstal skuldigbevindings nie. Die gesag se woordvoerder, Luxolo Tyali, sê Mani sal ook drie jaar korrektiewe toesig uitdien, 576 uur gemeenskapsdiens voltooi, berading bywoon en deur korrektiewe owerhede gemonitor word.