Struggle kids kan nie as veterane geklassifiseer word nie

Die minister van verdediging en veteraan-aangeleenthede het weer bevestig dat die sogenaamde kinders van die vryheidstryd nie as veterane van die vryheidstryd geklassifiseer kan word nie. Minister Frans Kapofi het herhaal dat die wetgewing baie duidelik is. ‘n Veteraan moes die ouderdom van 18 behaal het op 21 Maart 1990. Die groep sogenaamde struggle kids, eis onder andere, voordele wat 2 200 Namibiese dollar in ‘n maandelikse toelaag insluit, sowel as voorkeur behandeling deur die regering, veral met werksgeleenthede.