Stroperysaak kom weer vandag voor

‘n Komplekse saak van renosterstropery kom weer vandag in die Katutura-landdroshof voor na dit vroeg in Mei plaasgevind het. Ten minste een regeringsvoertuig met ‘n GRN-nommerplaat was betrokke by die stroop van ‘n witrenoster-bul op ‘n plaas by Gobabis. Die Blue Rhino-taakspan, die beskermde hulpbronne-onderafdeling in die Omaheke-streek, en die omgewingsministerie se ondersoekeenheid het leidrade opgevolg. Die voertuig en sy bestuurder is in Gobabis opgespoor, en opvolgondersoeke het gelei na die arrestasie van nog drie Namibiërs in Havana, Windhoek waar hulle petrol ingegooi het. Twee vars renosterhorings is by hulle gekry. Dié drie kom weer vandag voor.