Stropery, veediefstal: Ondersoek nuwe plaaswerkers deeglik

Reaksie word ontvang op berigte dat vier mans vas is vir klagte van stropery van wild ter waarde van 116 000 Namibiese dollar. Die voorval is naby Kalkveld in die Otjozondjupa-streek bevestig. Die tipe misdaad neem onverpoosd toe en boere regoor die land het reuse-uitdagings. Die streeksgoewerneur, James Uerikua, het boere gemaan om volledige inligting van enige werker wat hy of sy wil aanstel, te bekom en seker te maak daar is verwysings. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.