Stropers kom terug om klaar te maak

‘n Grusame voorval van stropery is naby Okahandja aangemeld. Plaaslike media berig dat ‘n witrenoster bul verlede week op die plaas in die kop geskiet is maar oorleef het en is deur wildsveeartse behandel. Die grondeienaar sê die bul is Sondagaand omstreeks ses-uur lewend gesien maar is Maandagmiddag vrek aangetref met sy twee horings verwyder. Volgens berigte is dit die 12de renoster wat op die plaas sedert 2017 gestroop is. Die droogte help natuurlik niks nie omdat renosters nou by voerbakke geteiken word.