Strokies-kompetisie help bewaringsbewustheid

Die Regshulpsentrum het vanjaar ‘n tweede landswye strokiesverhaal kompetisie onder skole gehou om bewustheid van omgewingsbeskerming te verhoog. Die sentrum het 53 inskrywings van 28 skole ontvang, uit tien streke. ‘n Wye verskeidenheid onderwerpe is gedek, onder meer wildstropery, onwettige visvang, waterbesoedeling, die onwettige myn van sand en rommelstrooiery. Die wenstrokiesprente is gekies op grond van oorspronklikheid, kuns, karakter, storielyn en die teenwoordigheid van wetlike komponente. Kosmos 94.1 Nuus het met Hans-Christian Mahnke van die sentrum gesels, wat sê die pryse het tot 30 000 Namibiese dollar beloop.