Strikke en stropery weer op misdaadverslag

‘n Namibiese man verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo nadat hy in die Kombat-omgewing glo strikke naby ‘n waterpunt gestel het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hy een duiker en een ystervark in die strikke gevang. Nog twee Namibiese mans verskyn vandag in die hof nadat hulle op die plaas Kenilworth in die Otjiwarongo-distrik gearresteer is met drie koedoekarkasse en een gemsbokkarkas op hul bakkie. Die verdagtes, 34 en 48 jaar oud, word daarvan aangekla dat hulle na sononder en met ‘n jaglig die wild gejag het.