Strenger regulering vir die verkoop van brandstof?

Die Namibiese ministerie van myne en energie het ‘n skrywe aan die Namibiese Olie-industrie Vereniging gerig vir insette nadat daar eise gemaak is om diesel strenger te reguleer op kleinhandelvlak. Volgens die ministerie, is daar rolspelers in die industrie wat oormatige voordele trek uit die huidige regulasies. Die ministerie wil nou die regulasies aanpas om nie net na petrol te verwys nie maar eerder brandstof, wat diesel insluit. Harald Schmidt, die vereniging se hoof uitvoerende beampte bevestig die ontvangs van die brief. Hy verduidelik.