Streng veiligheid by Brics-beraad

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur in die buurland, Natjoints, sê daar word amptelike akkreditasie vereis van almal wat die 15de Brics-beraad in Johannesburg, gaan bywoon. Die struktuur het ‘n nuuskonferensie gehou voor die beraad, wat vanaf volgende Dinsdag tot Donderdag plaasvind. Die medevoorsitter van Natjoints, Tebello Mosikili, sê akkreditasie is nie oordraagbaar nie en enigiemand met vals akkreditasie sal vervolg word.