Streng strawwe wag vir verkiesingsgeweld

Die Verkiesingskommissie in die buurland beklemtoon politieke partyleiers sal verantwoordelik gehou word vir enige geweld of intimidasie deur partylede tydens die verkiesing. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy (Saai) Mamabolo, het by Gallagher Estate in Midrand, Johannesburg, ‘n beroep op leiers gedoen om hul lede op te voed oor die Verkiesingsgedragskode en die gevolge daarvan. Hy het gewaarsku oor streng strawwe vir partye wat die kode oortree.