Streeksrade moet intree met oorstaande fondse
Die finansminister Ipumbu Shiimi, sê daar is ‘n behoefte vir die sentrale regering om streeksrade te raadpleeg oor fondse wat toegeken word en hoe dit bestee word. Shiimi sê as daar fondse is wat nie ten volle deur ministeries en instellings benut word nie, moet sulke fondse weer aan nooddienste toegewys word. Hy het beklemtoon dat daar ‘n ernstige droogte in die land is en dat hulpbronne nodig is om die situasie te beredder.