Streeks- en raadslede moet hulle weerhou van binnegevegte

Die Namibiese adjunkminister van stedelike en landelike Ontwikkeling, Natalia /Goagoses, het raadslede van streeks- en plaaslike owerhede aangesê om hulle van binne-gevegte en stryery te weerhou en op dienslewering te fokus “of by die Namibiese Weermag aan te sluit as jy wil veg”. Goagoses het dit gesê terwyl sy vandag met die raadslede in Swakopmund beraadslaag het. Swakopmund se raadslid, Ciske Smith-Howard, is onlangs uit die Independent Patriots for Change geskors omdat sy na bewering ‘n WhatsApp-boodskap versprei het wat lui: “Ek is klaar met IPC”.