Strafsaak van Vrede-suiwerlplaas vandag in die hof

Die strafsaak oor die haalbaarheidstudie van die Vrede-suiwelplaas is vandag terug in die Bloemfonteinse landdroshof. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hofsitting is aanlyn weens die Covid-19 Omikron-variant. ‘n Werknemer van die Gupta-onderneming, Ronica Ragavan, is gevoeg tot die lys beskuldigdes in die saak van 24,9 miljoen rand. Sy is met haar vorige verskyning op borgtog van 10 000 rand vrygelaat. Die saak gaan oor die mislukking van die Estina-suiwelplaasprojek in die Vrystaat wat bedoel was om opkomende boere te bemagtig.