Strafregstelsel onder die loep in SA, vir geslagsgeweld

Die buurland se adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering reageer vinnig op die geslagsgeweld- en vrouemoord-epidemie deur robuuste instellings en vaste bewyse voorop te stel. Mashatile het die nasionale konferensie oor die hersiening van die geïntegreerde strafregstelsel toegespreek en sê die regering het wetgewende veranderings ingestel in die voortgesette stryd teen geslagsgeweld, insluitend die Wetsontwerp op Geslagsgseweld en Vrouemoord. Hy voeg by die howe het in die 2022/2023 boekjaar ‘n toename van 27,9-persent in lewenslange tronkstraf vir hierdie misdade getoon.