Straffeloosheid vir misdade teen die media moet end kry

Die Internasionale Dag om Strafloosheid vir Misdade teen Joernaliste te beëindig is ‘n VN-erkende dag wat jaarliks op 2 November waargeneem word. Die dag vestig die aandag op die vlak van straffeloosheid vir misdade teen joernaliste, wat wêreldwyd uiters hoog bly. Emma Theofelus, die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, beklemtoon weer die belofte van die regering om vryheid van die pers te beskerm.