Stout kinders: Onnies ‘moet klaskamers beter bestuur’
Vakbonde en politici sê swak gedissiplineerde kinders in skole is ‘n toenemende kopseer. Twee onderwysers het onlangs onder skoot gekom omdat hulle lyfstraf by hul onderskeie skole toegepas het, en die kwessie is ook in die Nasionale Vergadering bespreek. Die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, sê leerlinge moet verantwoordelik gehou word vir wangedrag, maar onderwysers moet klaskamers beter bestuur.