Stormers verander voorspelers vir Munster-wedstryd

Rugby: Die Stormers het vier voorspeler-veranderings aangebring aan die beginspan vir vandag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen Munster in Kaapstad. Die stut Sti Sithole en die haker Joseph Dweba is terug in die opdrafspan, met die slot Adré Smith vir die eerste keer die seisoen in die beginspan. Marcel Theunissen sal as oopkantflank begin. Die enigste verandering aan die agterlyn is Suleiman Hartzenberg wat terug is op regtervleuel, terwyl die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies na ‘n besering terug is op die plaasvervangersbank. Afskop is om 6- namiddag.