Stormers-spelers terug ná beserings

Rugby: Stormers-afrigter, John Dobson, het bevestig die span gaan ‘n dubbele hupstoot kry in hul agterlyn, vir hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd Saterdag teen die Haaie. Die Stormers sal versterk word deur die terugkeer van die binnesenter Dan du Plessis en die heelagter Warrick Gelant, wat van hulle beserings herstel het. Die wedstryd teen die Haaie is die Stormers se laaste vir 2023. Hulle keer op 13 Januarie terug na die veld, in die Kampioenebeker.