Stormers skraap deur teen Leeus

Die Stormers moes ‘n laat terugvegpoging van die Leeus afweer  voordat hulle die Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd op Ellispark in Johannesburg met ‘n skrapse 35-33 kon wen. Met 20 minute in die wedstryd oor, het die Stormers met 35-14 voorgeloop. Die Leeus het laat vier drieë geduk wat hulle twee bonuspunte besorg het. In Limerick, Ierland, het die kampioene, Munster, die verdediging van hulle titel op Thomond Park afgeskop met ‘n 34-21 oorwinning oor die Haaie. Munster het al die beskikbare punte ingepalm.