Stormers moet Saterdag oorwinning aanteken

Die Stormers is desperaat op soek na ‘n oorwinning in die Verenigde Rugbykampioenskap na ‘n segelose toer in Europa. Die Kaapse span is tans 12de op die punteleer en slegs die voorste agt kwalifiseer vir die Kampioenebeker. Die Stormers speel Saterdag in Stellenbosch gasheer vir Zebre, en het verskeie Springbokke beskikbaar – Manie Libbok, Damian Willemse, Frans Malherbe en Deon Fourie. Die slot Ruben van Heerden sê hulle het geen ander keuse as om te wen nie: