Stormers kry nuwe slot
Die slot Adré Smith is die jongste speler wat ʼn nuwe ooreenkoms met die Stormers onderteken het. Die 27-jarige, wat in 2021 by die Kaapse span aangesluit het, het sy kontrak tot 2027 verleng. Smith sê sy spel het ʼn volgende vlak bereik sedert hy van die Griekwas na die Stormers verskuif het. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê hy sien uit om Smith se ontwikkeling oor die volgende drie seisoene dop te hou. Ander spelers wat onlangs hulle kontrakte verleng het, sluit in Manie Libbok en Suleiman Hartzenberg.