Stormers is oorgehaal vir Glasgow Warriors

Die Stormers weet wat om te verwag wanneer hulle die Glasgow Warriors vandag in Skotland in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap pak. Evan Roos kan weens harsingskudding nie speel nie, en die besoekers het ‘n splinternuwe voorry met Brok Harris, Joseph Dweba en Frans Malherbe. Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, sê sy span is oorgehaal vir hulle eerste weg-uitklopwedstryd in die kompetisie: