Storm in Rio dood 12

Minstens 12 mense is dood in die suid-ooste van Brasilië nadat ‘n kragtige storm die bergagtige deel van die staat Rio de Janeiro getref het, waar reddingspanne te doen het met wat hulle ‘n ‘kritieke toestand’ noem. Die storm woed te midde van uiterste weersomstandighede waarmee Brasilië die afgelope tyd geteister word. Dit volg op ‘n rekord-hittegolf, waartydens humiditeit die hitte-indeks laat opskiet het na meer as 62-grade Celsius. ‘n Meisie wat meer as 16-uur vasgekeer was onder rommel en 90 ander mense is al gered.