Storm beskadig Otjikoto na Grootfontein 66 kilovolt kraglyn
Cenored sê hy is bewus van ‘n kragonderbreking wat Grootfontein en die omliggende gebiede raak. Die onderbreking is veroorsaak deur ‘n hewige storm wat NamPower se Otjikoto na Grootfontein 66 kilovolt lyn beskadig het. Nampower se elektrisiëns is reeds op die perseel en werk daaraan. Die kraghersteltyd kan nie tans voorspel word nie, maar inwoners sal op hoogte gehou word. Inwoners word versoek om alle sensitiewe elektriese toestelle af te skakel of die proppe uit te trek, om die moontlike skade te deur ‘n voltasie-stuwing te verhoed wanneer die krag aangeskakel word.