Stop munisipaliteite se geld-wanbestuur dringend, vra ATM

Die African Transformation Movement het ‘n beroep op die regering gedoen om finansiële wanbestuur in munisipaliteite dringend stop te sit. Die party waarsku die versuim om waterrade, soos Vaal Sentraal Water en Magalies Water te betaal, bedreig miljoene burgers se toegang tot skoon water. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, het ‘n beroep op rolspelers gedoen om onmiddellike hervormings deur te voer en langtermynoplossings in te stel om die ineenstorting van waterdienste te voorkom en die publiek se vertroue te herbou.