Stop Gaza-gevegte: Leiers van Frankryk, Duitsland en Brittanje
Die leiers van Frankryk, Duitsland en Brittanje sê daar kan nie verdere vertragings in die onderhandelings vir ‘n skietstilstand in Gaza wees nie. Hulle waarsku Iran en sy bondgenote teen enige verdere eskalasie van die konflik. Die gesamentlike verklaring volg na een van die dodelikste Israeliese aanvalle op die beleërde Gaza-strook in die meer as tien maande van die konflik. Die Franse president, Emmanuel Macron, die Duitse kanselier Olaf Scholz, en die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die gevegte moet nou end kry en Hamas moet al die gyselaars nou vrylaat.