Stokes terug as Engeland-kaptein in tweede toets teen Pakistan

Krieket: Ben Stokes is terug as kaptein van Engeland in die tweede toets teen Pakistan wat môre in Multan begin. Hy het die eerste toets waartydens verskeie rekords verbeter is, weens ʼn besering misgeloop. Engeland het Pakistan met ʼn beurt en 47 lopies verslaan na sy reusagtige 823 vir sewe in die eerste beurt. Vinnige bouler Matthew Potts keer ook terug en hy en Stokes vervang Gus Atkinson en Chris Woakes in die groep. Die gashere het verskeie veranderings aangebring, ondermeer weglating van voormalige kaptein, Babar Azam, en snelboulers, Naseem Shah en Shaheen Shah Afridi.