Stok-oue infrastruktuur veroorsaak watertekorte 

Die waterskaarste in die noorde van Namibië word deur die opknapping van die waterstelsel van Calueque na die Oshakati-kanaal, die behandelingsaanlegte en die pypleidings veroorsaak. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, sê die stelsels wat van Calueque tot Omuthiya in plek is, is in die 1970’s en 1980’s gebou en die stelsels is nie net oud nie maar ook onvoldoende vir die toenemende bevolking. Hy sê NamWater sal vir die volgende 30 tot 40 jaar groter stelsels bou as wat die vraag vereis. Op die oomblik moet water gerantsoeneer word want die vraag oorskry die aanbod. Water word in rou vorm van Calueque na Oshakati vervoer vir behandeling. Ná behandeling word dit na Ondangwa en van Ondangwa na Omuthiya gestuur, vanwaar dit na ander gebiede versprei word. Maar, Nehemia waarsku dit sal ‘n geruime tyd neem om verdere dorpies in die Oshikoto-streek te bereik, wat vir ongeveer ‘n maand sonder water is.