Stille kansellasie van langafstandtreine irriteer GOOD

Die GOOD Party sê die stille kansellasie van die langafstand-passasierstreindiens tussen Johannesburg en Kaapstad en die treindiens tussen Durban en Johannesburg wat tot een keer per maand verminder is, moet ʼn wekroep wees. Die diens is verlede maand opgeskort omdat betroubare lokomotiewe nie beskikbaar was nie. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Prasa en die Departement van Vervoer moet hulle prioriteite regkry omdat ʼn betroubare en veilige spoor-pendeldiens die ruggraat van enige land se openbare vervoernetwerk is: