Stilfontein-myners moet bygestaan word

Die Workers International Vanguard League veroordeel die regering van nasionale eenheid vir wat hulle beskryf as blatante verhongeringstaktieke teen informele mynwerkers wat tans ondergronds is in Stilfontein in Noordwes. Shaheed Mahomed van die liga sê dreigemente oor die afsny van hulle water en kos, en dat hulle aangeval sal word, is onaanvaarbaar. Hy sê verskeie onwettige myners het reeds uitgekom, maar daar is nog mense ondergronds: