Stilfontein-myners kan uitkom, en het ook 

Die Suid-Afrikaanse polisie sê 11 onwettige myners het by Stilfontein by skag 10 uitgekom. Die skag is gekoppel aan skag 11, wat bewys is dat hulle nie vasgekeer is nie – hulle weier om uit te kom omdat hulle nie gearresteer wil word nie. SAPD-woordvoerder brigadier Athlenda Mathe sê van hulle is Mosambiekers en toe hulle die polisie sien, het sommiges weggehardloop en ander het weer in die skag afgegaan.