Stilfontein: Elke myner wat uitkom sal gearresteer word
Die polisie in Noordwes onderneem om tydens die voortgesette reddingsoperasie onwettige mynwerkers in hegtenis te neem sodra hulle uit die verlate Stilfontein-myn kom. Die adjunk provinsiale Kommissaris van Polisie, Patrick Asaneng, sê owerhede sal nie met die Zama Zamas onderhandel nie want hulle wil misdadigheid in die streek uitroei. Asaneng bevestig die polisie se verbintenis om die veiligheid te verseker van sowel wetstoepassers as diegene wat by die onwettige mynbou-bedrywighede betrokke is: