Stigtings vra vir nasionale dialoog in SA

Nege bekende stigtings, insluitend die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu Legacy Foundation, moedig alle Suid-Afrikaners aan om deel te neem aan die gesprek oor die vorming van die land se toekoms. Die stigtings het op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep gedoen vir ‘n nasionale dialoog te midde van die regering van nasionale eenheid se vorming. Die Steve Biko-stigting se uitvoerende hoof, Nkosinathi Biko, betreur die ineenstorting en verlamming van ondernemings in staatsbesit oor die afgelope 15-jaar.