Stigting van Veterane-uitsaaiersvereniging op hande
Die stigting van ’n Veterane-uitsaaiersvereniging is besig om ‘n werklikheid te word. Daar is by ‘n vergadering in die hoofstad ‘n werksgroep saamgestel van vyf persone wat die stigtingsproses moet hanteer en afhandel, te midde van geweldige belangstelling plaaslik en in Suid Afrika. Kolie van Coller, die stigter van Kosmos 94.1, is aangewys as sameroeper en media woordvoerder. Die vereniging sal ‘n platform bied vir ervare uitsaaiers om hul kennis te deel, nuwe talent te mentor, en etiese praktyke te handhaaf. Deur ’n gemeenskapsgevoel onder veterane te bevorder, verseker die vereniging die oordrag van kosbare vaardighede en tradisies. Van Coller het by die vergadering gepraat en kortliks die doel van die vereniging uitgelig.