Stigter van Lewcor-groep sterf in ongeluk

Die stigter van die Namibiese Lewcor-groep, die 71-jarige Chris Lewis, is in ‘n motorongeluk dood. Volgens die Namibiese polisie het die ongeluk gistermiddag sowat 18 kilometer buite Okahandja op die pad tussen Ovitoto en Okahandja, Lewis en ‘n passasier, die 21-jarige Beno Snewe, se lewens geëis. Lewis het glo beheer oor die voertuig op ‘n draai by ‘n brug verloor en dit omgeslaan het. Lewis het Lewcor Mining in 1988 gestig.