Stigma, LGBT-gemeenskap en geestesgesondheid: wie ly die meeste?

Terwyl die diversiteit van die LGBT-gemeenskap erken word, dui bewyse op ‘n paar algemene ervarings wat lede se gesondheid en welstand beïnvloed. Hulle is minder geneig om toegang tot gesondheidsdienste te kry en om met gesondheidsorgwerkers te skakel as gevolg van stigma en diskriminasie, wat nadelige fisiese en geestelike gesondheidsuitkomste tot gevolg het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, ‘n sosiale regte-aktivis, wat sê baie mense aanvaar nie die LGBT-gemeenskap nie en dit lei tot swak geestesgesondheid onder lede. Mudge brei uit.