Stick en Davids kan dalk Nienaber opvolg

Die aankondiging van die hernuwing van die kontrakte van die Springbok-hulpafrigters, Deon Davids en Mzwandile Stick vir nog vier jaar, word beskou as ʼn aanduiding dat een van hulle Jacques Nienaber gaan opvolg wanneer hy die nasionale opset ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk verlaat. SA Rugby het bevestig die kontrakte van die skrumafrigter, Daan Human, en die hoof van atletiekprestasie, Andy Edwards, is ook verleng tot ná die Wêreldbeker-toernooi in Australië in 2027. Die direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sal tot 2025 aanbly.