Stewige All Blacks span vir môre in Londen
Die All Blacks speel môre in Londen teen Engeland met hulle sterkste moontlike span. Hoofafrigter Scott Robertson het na die toets verlede naweek teen Japan in Yokohama verskeie senior spelers ingesluit met slegs vier spelers wat in die opdrafspan behou is. Die Kiwi’s het Engeland twee keer in Julie tuis verslaan maar volgens Robertson is vier maande ʼn lang tyd in rugby. Hy sê Twickenham is ʼn ikoniese stadion en die meelewing van die skare is soos min ander.