Steven Tyler wen aanrandingsaak

’n Amerikaanse regter het ’n regsgeding wat Aerosmith se voorsanger Steven Tyler daarvan beskuldig het dat hy ’n voormalige tienermodel twee keer op een dag in Manhattan byna 50 jaar gelede seksueel aangerand het, van die hand gewys. Regter Lewis Kaplan in Manhattan het gesê Jeanne Bellino het te lank gewag om die 75-jarige Tyler, wat haar aantygings ontken, te dagvaar ingevolge ‘n wet in New York wat slagoffers van geslagsgeweld beskerm. Sy kwalifiseer nie omdat sy nie beweer het dat Tyler se optrede ‘n ernstige risiko van fisieke besering ingehou nie.